Boodskappe
Werfinfo

Werfinfo (5)

Webwerf inligting.

Sondag, 05 April 2015 01:07

Welkom

Webmeester

BAIE WELKOM BY DIE NUWE DOMINEE.ORG.ZA - Die Woord vir almal!

tafel Liewe Bedienaar / Luisteraar van Die Woord.

 Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer is om só hard aan 'n boodskap te werk en dit dan net een keer te gebruik en of tot een gehoor te beperk? Dan is dit tyd om jou boodskappe weer af te stof en nuwe lewe te gee. Moenie dat jou insigte en omgang met God verlore laat gaan nie. Stel dit beskikbaar op Dominee.org.za en jou boodskap sal aanhou preek! Laat jou boodskap voortleef en steeds mense se lewens verander!

Gemeentelede kan ook help deur hul leraars aan te moedig om hul boodskappe hier beskikbaar te stel of deur hul naam en kontakbesonderhede aan ons by "Kontak ons" te stuur sodat ons hulle kan uitnooi.

Vrydag, 18 April 2014 00:00

Geloofsverklaring

Webmeester
1. Grondslag.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis.
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.
  
Latyns:
Credo in Deum, Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae.
Et in Iesum Christum, Filium eius unicum, Dominum nostrum: qui conceptus est de Spiritu Sancto, natus ex Maria Virgine, passus sub Pontio Pilato, crucifixus, mortuus, et sepultus, descendit ad inferos, tertia die resurrexit a mortuis, ascendit ad caelos, sedet ad dexteram Dei Patris omnipotentis, inde venturus est iudicare vivos et mortuos. Credo in Spiritum Sanctum, sanctam Ecclesiam catholicam, sanctorum communionem, remissionem peccatorum, carnis resurrectionem, vitam aeternam.
   
2. Beginsels:
  • Die Bybel is die enigste onfeilbare, gesaghebbende en geïnspireerde Woord van God
  • Daar is een God wat ewig in drie persone is: Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Ons Here Jesus is God en mens in een persoon. Hy is gebore uit ‘n maagd, was sonder sonde, het wonders gedoen, het plaasvervangend deur Sy bloed en dood versoening gedoen vir die sonde. Hy het liggaamlik opgestaan uit die dood. Hy het opgevaar na die regterhand van God die Vader en sal persoonlik weer kom in krag en heerlikheid.
  • Die nuwe geboorte deur die Heilige Gees is absoluut noodsaaklik vir die verlossing van die verlore en sondige mens.
  • Die ewige lewe word deur geloof ontvang - dit wil sê, vertrou in Jesus Christus alleen vir redding.
  • Die Heilige Gees woon in alle gelowiges en stel hulle in staat om ‘n godvrugtige lewe te lei.
  • Beide verlostes en verlorenes sal opgewek word uit die dood; dié wat gered is tot die opstanding van die lewe, en dié wat verlore is tot die opstanding van die veroordeling.
  • Daar is geestelike eenheid van alle gelowiges in Jesus Christus.
  • Die plaaslike gemeente is die primêre Godgegewe basis vir evangelisasie in die wêreld.
  • Elke gelowige ontvang die opdrag van Christus om die evangelie aan die hele mensdom te verkondig en dissipels van alle nasies te maak.
 
3. Kerke- en Geloofgroepe.
Dominee.co.za is toeganklik vir enige Christelike kerk of Christelike geloofsgroep wat hul kan vereenselwig met bogenoemde Grondslag en Beginsels.
Saterdag, 19 April 2014 00:00

Kategorieë

Webmeester

Artikel vir kategorieë

Vrydag, 18 April 2014 00:00

Terme en Voorwaardes

Webmeester
Wanneer u registreer op Dominee.org.za gaan die eienaar van die veronderstelling uit dat u die voorwaardes verstaan en onderskryf!
  
Die bedoeling van Dominee.org.za is hoofsaaklik:
1. Om veral aan leraars/predikante van die Christelike geloof:
    a. Die geleentheid te bied om hul oorspronklike preekmateriaal en noue omgang met God aan die wye publiek beskikbaar/ bekend te stel vir lering, evaluering en hergebruik.
    b. Die geleentheid te bied om kwaliteit preke en studies te bekom om hul eie preke, studies aan te vul vir persoonlike sowel as openbare hergebruik.
2. Om aan die algemene Christelike publiek:
    a. Toegang te verleen tot kwaliteit preke en studies vir persoonlike sowel as openbare hergebruik (radio ingesluit).
    b. Die geleentheid te bied om preke en boodskappe te evalueer en ook praktiese voorbeelde te bied sodat die boodskap nog meer verrykend en treffend sal wees.
 
Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webtuiste behoort aan Dominee.org.za. en sy eienaar.
Die kopiereg van enige bydraes geplaas op hierdie webtuiste behoort egter steeds aan die spesifieke leraar/outeur.  Die leraar/outeur verstaan egter dat materiaal op Dominee.org.za gepubliseer, toeganklik is en waarskynlik in die openbaar gebruik gaan word deur Dominee.org.za se gebruikers.
 
Die opinie van die leraars/outeurs op hierdie webtuiste is gevolglik sodanige leraar/outeur se eie opinie en reflekteer nie noodwendig die opinie van die eienaar van Dominee.org.za nie.
 
Enige gebruiker van preke en boodskappe op Dominee.org.za word versoek om die nodige erkenning aan leraars/outeurs te gee in hul hergebruik van sodanige materiaal.
 
Die eienaar van Dominee.org.za kan ongelukkig nie waarborg dat hierdie diens nie onderbreek sal word en sonder foute sal wees nie.  Gebruikers van hierdie webtuiste doen so op hulle eie risiko.
 
Die eienaar van Dominee.org.za neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat sodanige leraar/outeur mag lei as gevolg van die feit dat sodanige leraar/outeur se werk op die webtuiste van Dominee.org.za gepubliseer is.
 
Dominee.org.za is ‘n onafhanklike joernaal op die internet.
 
Dominee.org.za sal die werke van leraars/outeurs publiseer op eie diskresie, en word nie die agent van enige sodanige leraar/outeur nie, en word gevolglik ook nie die eienaar van die leraar/outeur se werk nie.
 
Enige leraar/outeur wat werk publiseer op die webtuiste van Dominee.org.za gee toestemming aan die eienaar van Dominee.org.za om gebruik te maak van sodanige materiaal op diskresie van Dominee.org.za, welke insluit die verdere publisering van werk vir doeleindes van die bevordering van sodanige werk tot krediet van die leraar/outeur.
 
Dominee.org.za sal nie sodanige materiaal gebruik in herverkope of vir welke rede ook al as hulle eie materiaal nie en sal  te alle tye erkenning gee aan die leraar/outeur van die gemelde werk indien sodanige werk hergebruik word.
 
Dominee.org.za sal sonder die toestemming van die leraar/outeur, sodanige werk mag bemark onder die naam van die leraar/outeur, ten einde die outeur verdere blootstelling te gee, vir finansiële voordeel van Dominee.org.za met geen finansiële verpligting deur Dominee.org.za teenoor die leraar/outeur van sodanige werk tensy anders ooreengekom.
 
Geen persoon sal geregtig wees op enige vergoeding vir die publisering van enige werk op die webtuiste of enige ander media deur Dominee.org.za nieteenstaande die feit dat sodanige werk aangewend is vir finansiële gewin van Dominee.org.za.
 
Sou enige outeur versoek dat die materiaal deur hom op die webwerf gepubliseer, onttrek word, moet sodanige versoek skriftelik aan Dominee.org.za. gerig word.
 
Die besluit van die eienaar van Dominee.org.za met betrekking tot die publisering van werk of nie van enige materiaal is finaal.
 
Deur die plasing van materiaal deur ‘n leraar/outeur op hierdie webwerf bind die leraar/outeur van sodanige werk hom-/haarself outomaties tot die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
 
Alles moontlik word gedoen om te verseker dat geen inhoud inbraak maak op die eiendomsreg van ´n ander party nie. Inhoud wat as eiendom van ´n derde party geidentifiseer word sal onmiddelik verwyder word en Dominee.org.za sal alles moontlik doen om te help met die opsporing en vervolging van diegene wat die inhoud sonder toestemming verskaf het. Dominee.org.za sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade weens die plasing van sulke inhoud nie.
Dominee.org.za behou die reg voor om die naam van enige verskaffer van inhoud te publiseer.
 
Die bogemelde terme en voorwaardes kan van tyd tot tyd gewysig word deur Dominee.org.za, en is dit die verantwoordelikheid van enige persoon wat van hierdie webwerf gebruik maak om hom-/haarself van die terme en voorwaardes soos van tyd tot tyd aangepas, te vergewis.
Vrydag, 18 April 2014 00:00

Verontskuldiging en Kopiereg

Webmeester
Die gebruiker verskaf enige besonderhede op eie risiko aan Dominee.org.za.
 
Dominee.org.za erken jou reg op privaatheid en is verbind tot die beskerming daarvan. Geen persoonlike inligting wat met ons gedeel word sal opsetlik openbaar gemaak word nie, met uitsondering van die klubgemeenskap en artikels.
 
Die gebruiker stem in dat Dominee.org.za nie aanspreeklik gehou sal word vir die uitlek van persoonlike inligting nie, hetsy per ongeluk of weens die werk van kuberkrakers of programfoute nie.
 
Dominee.org.za aanvaar dat alle skakels wat aan die webwerf verskaf word met die goedkeuring kom van daardie spesifieke webwerf se eienaar/s. Dominee.org.za kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies weens ongemagtigde skakeling nie.
 
Geen Internet-skakel mag na Dominee.org.za lei sonder die skriftelike toestemming van die inhoudsbestuurder van Dominee.org.za nie.
 
Gebruikers mag van tyd tot tyd elektroniese nuusbriewe en boodskappe van Dominee.org.za ontvang.
 
Dominee.org.za behou die reg om enige inhoud te redigeer of verwyder sonder enige kennisgewing.
 
© 2007 - 2014 Dominee.org.za  Alle regte voorbehou.
   
Hierdie inhoud mag alleen vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes afgetrek word. Die herpublisering of hergebruik van die inhoud sonder vooraf toestemming van Dominee.org.za is streng verbode.

Registreer of teken in om te publiseer en/of kommentaar te lewer en nuus te ontvang

Nog nie 'n lid nie? Registreer

Werf Statistiek

  • Total Members 1313
  • Total Groups 5
  • Total Discussions 0
  • Total Albums 56
  • Total Photos 10
  • Total Videos 0
  • Total Bulletins 0
  • Total Activities 25
  • Total Wall Posts 0
  • Total Events 0

Oorweeg asb 'n donasie vir die instandhouding en ontwikkeling van Dominee.org.za

Google+