Wanneer u registreer op Dominee.org.za gaan die eienaar van die veronderstelling uit dat u die voorwaardes verstaan en onderskryf!
Die bedoeling van Dominee.org.za is hoofsaaklik:
1. Om veral aan leraars/predikante van die Christelike geloof:
a. Die geleentheid te bied om hul oorspronklike preekmateriaal en noue omgang met God aan die wye publiek beskikbaar/ bekend te stel vir lering, evaluering en hergebruik.
b. Die geleentheid te bied om kwaliteit preke en studies te bekom om hul eie preke, studies aan te vul vir persoonlike sowel as openbare hergebruik.
2. Om aan die algemene Christelike publiek:
a. Toegang te verleen tot kwaliteit preke en studies vir persoonlike sowel as openbare hergebruik (radio ingesluit).
b. Die geleentheid te bied om preke en boodskappe te evalueer en ook praktiese voorbeelde te bied sodat die boodskap nog meer verrykend en treffend sal wees.
Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webtuiste behoort aan Dominee.org.za. en sy eienaar.
Die kopiereg van enige bydraes geplaas op hierdie webtuiste behoort egter steeds aan die spesifieke leraar/outeur. Die leraar/outeur verstaan egter dat materiaal op Dominee.org.za gepubliseer, toeganklik is en waarskynlik in die openbaar gebruik gaan word deur Dominee.org.za se gebruikers.
Die opinie van die leraars/outeurs op hierdie webtuiste is gevolglik sodanige leraar/outeur se eie opinie en reflekteer nie noodwendig die opinie van die eienaar van Dominee.org.za nie.
Enige gebruiker van preke en boodskappe op Dominee.org.za word versoek om die nodige erkenning aan leraars/outeurs te gee in hul hergebruik van sodanige materiaal.
Die eienaar van Dominee.org.za kan ongelukkig nie waarborg dat hierdie diens nie onderbreek sal word en sonder foute sal wees nie. Gebruikers van hierdie webtuiste doen so op hulle eie risiko.
Die eienaar van Dominee.org.za neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat sodanige leraar/outeur mag lei as gevolg van die feit dat sodanige leraar/outeur se werk op die webtuiste van Dominee.org.za gepubliseer is.
Dominee.org.za is ‘n onafhanklike joernaal op die internet.
Dominee.org.za sal die werke van leraars/outeurs publiseer op eie diskresie, en word nie die agent van enige sodanige leraar/outeur nie, en word gevolglik ook nie die eienaar van die leraar/outeur se werk nie.
Enige leraar/outeur wat werk publiseer op die webtuiste van Dominee.org.za gee toestemming aan die eienaar van Dominee.org.za om gebruik te maak van sodanige materiaal op diskresie van Dominee.org.za, welke insluit die verdere publisering van werk vir doeleindes van die bevordering van sodanige werk tot krediet van die leraar/outeur.
Dominee.org.za sal nie sodanige materiaal gebruik in herverkope of vir welke rede ook al as hulle eie materiaal nie en sal te alle tye erkenning gee aan die leraar/outeur van die gemelde werk indien sodanige werk hergebruik word.
Dominee.org.za sal sonder die toestemming van die leraar/outeur, sodanige werk mag bemark onder die naam van die leraar/outeur, ten einde die outeur verdere blootstelling te gee, vir finansiële voordeel van Dominee.org.za met geen finansiële verpligting deur Dominee.org.za teenoor die leraar/outeur van sodanige werk tensy anders ooreengekom.
Geen persoon sal geregtig wees op enige vergoeding vir die publisering van enige werk op die webtuiste of enige ander media deur Dominee.org.za nieteenstaande die feit dat sodanige werk aangewend is vir finansiële gewin van Dominee.org.za.
Sou enige outeur versoek dat die materiaal deur hom op die webwerf gepubliseer, onttrek word, moet sodanige versoek skriftelik aan Dominee.org.za. gerig word.
Die besluit van die eienaar van Dominee.org.za met betrekking tot die publisering van werk of nie van enige materiaal is finaal.
Deur die plasing van materiaal deur ‘n leraar/outeur op hierdie webwerf bind die leraar/outeur van sodanige werk hom-/haarself outomaties tot die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
Alles moontlik word gedoen om te verseker dat geen inhoud inbraak maak op die eiendomsreg van ´n ander party nie. Inhoud wat as eiendom van ´n derde party geidentifiseer word sal onmiddelik verwyder word en Dominee.org.za sal alles moontlik doen om te help met die opsporing en vervolging van diegene wat die inhoud sonder toestemming verskaf het. Dominee.org.za sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade weens die plasing van sulke inhoud nie.
Dominee.org.za behou die reg voor om die naam van enige verskaffer van inhoud te publiseer.
Die bogemelde terme en voorwaardes kan van tyd tot tyd gewysig word deur Dominee.org.za, en is dit die verantwoordelikheid van enige persoon wat van hierdie webwerf gebruik maak om hom-/haarself van die terme en voorwaardes soos van tyd tot tyd aangepas, te vergewis.